  |
Baaise
leerders kry rekenaarlesse
-
Roslyn Baadjies, Die Burger |
By die Laerskool
Walmer-Wes in die Baai ontvang 400 leerders,
waarvan 60 inwoners is van die MTR Smit
Kinderhuis, rekenaaropleiding in hul splinternuwe
rekenaarsentrum met sy 20 rekenaars.
Rekenaaropleiding
vir drie onderwysers is deur 'n borgskap van
Knowledge Network in Johannesburg moontlik gemaak
op grond van die skool se betrokkenheid by die
Kinderhuis.
Volgens die
skoolhoof, mnr. Johan Oosthuizen, beteken die
borgskap van Knowledge Network baie vir die skool
en word die hele gemeenskap deur die
rekenaaropleiding bevoordeel. "By Walmer-Wes
is daar geen bevoordeling ten opsigte van
rekenaaronderrig nie. Die onderrig begin reeds in
gr.1. Kinders van die kinderhuis, wat van
skoolgelde vrygestel word, word ook nie uitgesluit
nie," het hy gesê.
Volgens Knowledge
Network sal Graad 7-leerders met die program
dieselfde kwalifikasie hê as iemand wat oor 'n
naskoolse rekenaar kwalifikasie beskik. Die gevaar
bestaan dat rekenaarvaardige laerskoolleerders 'n
uitdaging stel aan hoër skole, omdat laasgenoemde
dalk nie vir die goed toegeruste leerders gereed
gaan wees nie. Oosthuizen het gesê geen bydrae
daarvoor van die Oos-Kaapse onderwysdepartement
ontvang word nie.
 


 |